Besoek www.sacronavirus.co.za vir meer inligting.

Byeenkomste vir 2021

Beste Tweekampers

Tydens die vergadering wat gehou was op 13 September 2021 waar ons die nuwe seisoen te bespreek het is die volgende besluit.

Ten spyte van baie onsekerhede het ons besluit om nog drie byeenkomste die jaar te hou. Dit sal uiteraard onderhewig wees aan wat gebeur rondom Covid en die beskikbaarheid van fasiliteite.

Die datums waarop ons besluit het is:-

  • 16 Oktober
  • 13 November
  • 4 Desember

Die plekke waar dit aangebied sal word sal later deurgegee word. Die datums word net solank deurgegee sodat daar beplanning rondom dit gedoen kan word.

Tydens die byeenkomste sal die nuwe ouderdomme en afstande gebruik word wat al deurgee was met die toepassing van alle Covid regulasies.

Daar is uiteraard hier en daar onsekerhede omtrent die nuwe ouderdomme en afstande. Wat die ouderdomme betref sal daar nogsteeds teen dieselfde deelnemers gekompeteer word. Ons voorstel is dus om nie te veel hieroor bekommerd te wees nie.

Kom ons wees positief hieromtent. Indien daar in die toekoms aanpassings gemaak moet word sal dit uiteraard oorweeg word. Dit kan egter net gedoen word nadat daar werklike uitslae en data is om mee te werk.

Die 2022 seisoen se datums sal later in die jaar oorweeg en gefinaliseer word. Hopelik kry ons beter nuus rondom Covid.

Kontak my asseblief indien iets onduidelik is of as meer inligting nodig is.

Vriendelike Tweekamp groete

Len Symington

082 875 2257

Go to top