Jaarlikse Algemene Vergadering van Boland Tweekamp 

Hiermee word kennis gegee dat die Jaarlikse Algemene Vergadering van die vereniging vir 2025/26 gehou sal word op Vrydag 19 Junie 2026 om 18h00 vir 18h30. Dit sal in Wellington gehou word by die perseel van Paarl-Vallei Bottelering (waar dit ook verlede jaar gehou was).

  1. Alle mosies wat op die Jaarlikse Algemene Vergadering bespreek moet word, moet skriftelik per  e-pos aan symingtonl@pvbm.co.za en symingtons@adept.co.za gestuur word, nie later nie as Vrydag  5 Junie 2026. 
  1. Die volgende lede het stemreg by die vergadering (indien dit nodig sou wees):
    • Een ouer van elke geaffilieerde junior atleet
    • Elke geaffilieerde senior en veterane-groep atleet
    • Een verteenwoordiger van elke geaffilieerde skool 
  1. Nominasies vir die bestuur moet ook skriftelik per e-pos gestuur word na bogenoemde e-pos adresse nie later nie as Dinsdag 3 Junie 2026. Nominasies moet ook deur die genomineerde en ‘n sekondant onderteken wees.  Enige stemgeregtigde of iemand wat ‘n bydrae tot die bevordering van Tweekamp kan maak, kan genomineer word. 
  1. Die agenda van die vergadering is soos volg:
  2. Verwelkoming.
  3. Presensielys.
  4. Bevestiging van afgevaardigdes se geloofsbriewe.
  5. Lees van die kennisgewing wat die Jaarlikse Algemene Vergadering vir 2026 belê.
  6. Voorlegging en bekragtiging van die notule van die vorige AJV.
  7. Voorlegging, bespreking en aanvaarding van die Voorsitter se jaarverslag
  8. Voorlegging, bespreking en aanvaarding van die finansiële verslag.
  9. Bespreking van mosies ontvang.
  10. Bekendmaking van die uitstaande atlete van die afgelope seisoen.
  11. Verkiesing/bevestiging van ‘n Bestuur vir die volgende jaar.

11        Afsluiting. 

U teenwoordigheid en samewerking sal opreg waardeer word. 

Tweekampgroete,

 

 

Mariana Symington

Sekretaresse

11 Mei 2026

 

 

 

 

Go to top