DATUM: Saterdag 24 Oktober 2026
PLEK: Hugenote Hoërskool
(Grasbaan en 25 meter swembad van die skool).
TYD : Aanmeld/Inskrywings en ander admin - 07:45 - 08:45
Byeenkoms begin - 09:00
Swem ± 30 min na hardloop
Skryf in voor Woensdag 21 Oktober 2026 om 17:00 deur:
Die inskrywings vir die byeenkoms wat by Hugenote Hoërskool gehou gaan word is nou oop.
Die inskrywings moet verkieslik op die webwerf gedoen word. Volg net die instruksies onder inskrywings en vul die vorm volledig in. U sal sien dat ons nou ook die ID nommer benodig. Indien u nuut is, vul dan net die woord “nuut” in die spasie vir die SA nommer. Vir die wat ’n nommer het, vul dit asseblief in (dit is die nommer voor jou naam op die uitslae). Groot groepe van skole kan dit egter in ’n opsommende formaat vir my e-pos. Soos genoem moet die naam, van, geslag, ID nommer, e-pos adres en selfoon nommer aangedui word – uiteraard ook die SA nommer as dit beskikbaar is.
Alle inskrywings moet vooraf gedoen word en die inskrywings sluit Woensdag 21 Oktober 2026 om 17h00. Betalings kan ook deur die internet gedoen word. ’n Bewys van betaling kan dan net saamgebring word. Daar sal ook die opsie wees om die betaling/s Saterdag by die veld te doen (kontant of per kaartmasjien).
Die registrasiegelde vir die seisoen sal R200 per deelnemer wees. Sien ook meer detail omtrent families van 3 en meer op die webwerf. Besoekers kan deelneem eenmalig teen R50.00 maar moet vooraf ingeskryf wees.
ABSA, Paarl : Takkode 33 42 10
Rekening : Boland Tweekamp
Rekeningnr : 4050 770 764
Indien die inskrywings nie by bogenoemde tyd en datum gedoen is nie, dan sal so iemand ongelukkig nie kan deelneem nie. Die webwerf laat jou dan nie toe om meer in te skryf nie en sal dan ‘n “fout” boodskap gee.
Die registrasievorm is op die Boland Tweekamp webwerf beskikbaar. Maak dus seker dat die registrasievorm volledig en duidelik ingevul word. Dit kan ook elektronies gedoen word. Elke atleet moet die vorm invul (een keer per jaar). Die volledig ingevulde vorm moet dan ingehandig word met registrasie by Saterdag se byeenkoms (Moet dit asseblief nie na my faks of per e-pos stuur nie).
Parkering
Geen parkering word op die skoolterrein toegelaat nie. Soos met vorige byeenkomste kan daar in Generaal Hertzoglaan parkeer word (daar is ook ’n oop area vir parkering) en kan toegang dan verkry word deur die voetganger hek uit dié straat. Daar kan ook in Blouvleilaan parkeer word en dan kan toegang verkry word deur die hoofhek. Ons beveel egter aan dat die Generaal Hertzog opsie eerder gebruik word.
Bring asseblief u eie stoele en iets vir skaduwee saam aangesien daar nie pawiljoene by die swembad is nie (en Wellington kan warm word!!!).
Soos u weet het ons beamptes en tydhouers nodig en kan ons ongelukkig nie Tweekamp aanbied sonder die hulp van gewillige ouers en onderwysers nie. Indien u Saterdag kan help dui dit asseblief so aan op die inskrywing.
Kontak my asseblief indien iets onduidelik is of as meer inligting verlang word.
Tweekamp groete
Len Symington
082- 875 2257