Besoek www.sacronavirus.co.za vir meer inligting.
2021/22 SEISOEN
KENNISGEWING VAN DIE 4de LIGA BYEENKOMS
DATUM: Saterdag 15 Januarie 2022
PLEK: Hoërskool Swartland en Munisipale swembad van Malmesbury.
(Grasbaan en 50 meter swembad)
TYD : Aanmeld/Inskrywings en ander admin - 07:45 - 08:15
Byeenkoms begin - 08:30
Swem ± 30 min na hardloop
Spanne word aangekondig by die atletiekbaan - ±12:00
Skryf in voor Woensdag 12 Januarie 2022 om 17:00 deur:
Aangesien die eerste byeenkoms aangebied word voordat die skole heropen gee ons die inligting hieromtrent voor die tyd deur. Alle reëlings is uiteraard onderhewig aan wat verder met Covid gebeur.
Die inskrywings vir die byeenkoms by Hoërskool Swartland sal nou al oopgemaak word. Dit bly nog elkeen se verantwoordelikheid om nie op te daag by die byeenkoms indien daar enige Covid verwante simptome is.
Aangesien daar baie administrasie by dié byeenkoms betrokke is en die spanne gekies moet word, is dit ‘n vereiste dat daar vooraf ingeskryf word. M.a.w geen laat inskrywings word aanvaar nie en die inskrywings sluit Woensdag 12 Januarie om 17h00. Skryf asseblief so vroeg as moontlik in en moet nie wag tot Woensdag 12 Januarie 2022 nie. Dit sal ons baie help met die finalisering van reëlings en administrasie!
Die inskrywings moet verkieslik op die webwerf gedoen word volgens die vorige instruksies.
Indien u nie toegang tot die internet het nie of probleme word ondervind om in te skryf op die internet, dan kan dit per e-pos na bogemoemde adres gedoen word (dit moet dan ook uiteraard voor die sluitingstyd op Woensdag wees). Dit is belangrik om u naam, van, geslag, geboortedatum, beskikbaarheid vir Oudtshoorn aan te dui en ook SA nommer vir die wat alreeds geaffilieer is asook die inligitng rondom Covid . Dit moet ook voor 17h00 op 12 Januarie 2022 gedoen word!!!!
As gevolg van die Covid pandemie moet alle inskrywings wat gedoen word aandui of enige van die Covid simptome teenwoordig is en of daar enige kontak was met iemand wat dit het. Op die inskrywingsvorm word dit so uiteengesit. Alle kontak detail van deelnemers moet ook op die inskrywing aangedui word. Indien groot groepe deur skole ingeskryf word sal dit egter ook op hulle formaat so aangedui moet word. As gevolg van Covid vereistes het ons dan ook vir eers die groepinskrywings op die webwerf afgehaal en is net die individuele inskrywingsvorm nou daar.
Toeskouers word toegelaat maar is uiteraard onderhewig aan al die Covid protokolle. Almal sal met aankoms by die skool en verder aan die neergelegde protokolle moet voldoen. (waarvan die dra van maskers en handhawing van sosiale afstand die belangrikste is). Deelnemers kan dit net afhaal wanneer deelgeneem word.
Die inskrywings sluit om 17h00 op Woendag 12 Januarie 2022 soos bo aangedui. Daarna sal die webwerf jou dan nie meer toelaat om in te skryf nie en sal ‘n “fout” boodskap gegee word. Ander inskrywings na die tyd sal ook nie oorweeg word nie.
Dié byeenkoms word gebruik vir die kies van die spanne om aan die interprovinsiale byeenkoms in Oudtshoorn op 5 Februarie 2022 te gaan deelneem. Die volgende is baie belangrik:-
- Meer detail oor die opsies, koste van die verblyf en ander belangrike inligting word in die algemene inligtings dokument oor Oudtshoorn vervat, wat ook op die webwerf is. Kyk asseblief daarna aangesien dit uiteraard belangrik is vir die besluit om wel deel te neem!
Neen asseblief weer kennis daarvan dat die spanne wat na Oudtshoorn gaan is ’n A, B en ’n Ontwikkelingspan is. Dit is nie ’n Bolandspan/ne nie. Die Bolandspan word gekies om Boland tydens die SA Tweekamp Kampioenskappe te verteenwoordig (wat die jaar in Port Elizabeth deur OP Tweekamp aangebied word op 1 en 2 April 2022).
Soos u weet het ons beamptes en tydhouers nodig. Met dié groot byeenkoms is dit nog belangriker aangesien daar 2 tydhouers by die swem moet wees en daar ook baie ander administrasie is wat baie vinnig afgehandel moet word. Dui dus asseblief sommer op die inskrywing aan indien u gaan help.
Baie dankie aan die klomp ouers en onderwysers wat sover al gehelp het as beamptes en tydhouers.
Kontak ons asseblief indien iets onduidelik is of as meer inligting verlang word.
Tweekamp groete
Len Symington
082 875 2257