Besoek www.sacronavirus.co.za vir meer inligting.
Beste Tweekampers
I.S. JAARLIKSE ALGEMENE VERGADERING 2023/24
Ons is bevoorreg om nog ’n suksesvolle jaar agter die rug te hê. Ons wil egter die jaar op ’n gepaste wyse afsluit en beplan vir die nuwe jaar.
Die kennisgewing, agenda en ander dokumente vir ons Algemene Jaarvergadering op 13 Junie 2025 is ook op die webwerf. Die verrigtinge sal begin met die vergadering, gevolg deur erkenning aan die presteerders van die seisoen en daarna sal ons lekker saam kuier en iets ligs eet.
Die vergadering sal soos in die laaste paar jare die geval was op die perseel van Paarl-Vallei Botteleringsmaatskappy gehou word, wat net buite Wellington geleë is. Indien u onseker is laat weet ons dan sal ons’n pin deurgee.
Laat weet asseblief vir Mariana Symington by 082 807 5887 voor Dinsdag 10 Junie 2025 of u die vergadering gaan bywoon sodat ons die nodige reëlings kan tref.
Alle bestaande bestuurslede is weer beskikbaar. Soos almal seker al gesien het is dit maar harde werk en is dit hoofsaaklik om byeenkomste orderlik en stiptelik aan te bied. Ons sal egter nog ’n portefule wil skep wat spesifiek na bemarking sal kyk. Na aanleiding hiervan sal ons dit dan baie waardeer indien ons nominasies hiervoor kan kry of as iemand hiervoor kans sien kan ek ook direk gekontak word.
Onnodig om uit te wys dat ons bekwame en bereidwillige mense nodig het om op die komitee te dien om te verseker dat ons Tweekamp in die Boland volhoubaar kan beoefen. Indien daar ook ander is wat bereid is om op die komitee te dien of van iemand weet wat bereid is, kontak my asseblief of gebruik die aangehegte nominasiebrief om dit te doen.
Tweekampgroete.
Len Symington
Voorsitter