VERWELKOMING

Len Symington verwelkom almal by die vergadering. Hy dui aan dat vergaderings nie altyd te opwindend is nie maar dat dit ongelukkig gedoen moet word. Hy versoek almal om te help dat dit so vinnig en effektief as moontlik gedoen kan word. 

Dirk Malan open die vergadering met gebed. 

PERSENSIELYS

Hy versoek dat almal asseblief moet verseker dat die persensielys voltooi is. 

VERSKONINGS

Die volgende mesne het verkoning gemaak:-

- Anel Beukes – Girls High

- JT Burger en familie

- Ruzanne Le Roux en familie

- Maryke Koen

- Marli Slabbert

- Leonard Symington

- Pieter Hendrik Jacobs                                                                       

BEVESTIGING VAN PERSONE WAT WIL STEM SE STATUS

Aangesien geen mosies voorgelê is nie sal dit dus nie nodig wees om te stem nie. 

KENNISGEWING VAN DIE AJV

Mariana Symington lees die kennisgewing wat uitgestuur was weer voor vir volledigheid. 

NOTULE VAN VORIGE AJV

Len dui aan dat die notule van verlede jaar se AJV op die werbwerf is en dat hy aanneem dat almal daardeur gewerk het en dat hy dit as gelese beskou. Hy verneem of daar enige sake voortspruitend is. Geen punte word opgehaal nie. 

Die notule word dan so aanvaar 

Voorsteller - Kobus Slabbert

Sekondant – Erard Smith 

VOORSITTER SE JAARVERSLAG

Len hou die jaarverslag voor aan die vergadering en dui aan dat dit so gou as moontlik op die webwerf gesit sal word.  Hy verneem of daar enige punt is wat verder bespreek moet word. Niks word geopper nie. 

Die verslag word dan so aanvaar.

Voorsteller – Petrus Bosman

Sekondant – Chantelle Grobler 

FINANSIëLE VERSLAG

Len gee ’n oorsig van die jaar se finansiële aktiwiteite en dui aan dat die verslag op die tafel is indien iemand ook in detail daarna wil kyk. Hy dui aan dat Boland Tweekamp se finansiële posisie baie gesond is. Hy verneem of daar enige iets is wat verder bespreek moet word. Geen sake word geopper nie. 

Die verslag word so aanvaar.

Voorsteller – Fiona Potgieter

Sekondant – Victor Terblanche 

Len bedank vir Coenie Slabbert as Tesourier vir al sy harde werk met die verwerking en byhou van alles. Hy spreek verder sy dank uit vir sy betrokkenheid al is hy ons oudste Boland Tweekamper. 

HANTERING VAN MOSIES

Geen mosies ontvang nie. 

ERKENNING AAN PRESTEERDERS

Len dui aan dat dit die hoogtepunt van die bymekaarkoms is. Die volgende toekennings word gemaak. 

Beste o/8 atleet:

Mikayla Niewenhuys van Ceres. 

Beste vordering dogters/dames:

Isabella Swart onder 9 dogter van Ruens Kollege. 

Beste vordering seuns/mans:

Pieter Hendrik Jacobs – Hugenote Laerskool

Hy is ongelukkig nie teenwoordig nie. 

Beste o/17 Seuns Span:

Paul Roos Gimnasium - Ruhann Slabbert, MJ Combrinck, Hunter Krynauw, Jan Bosman ontvang die trofee en word geluk gewens. 

Beste Laerskole span

Ruens Kollege 

Beste Hoërskoolspan:

Paarl Girls High 

Meeste punte in seisoen:

  1. Junior dogters

Isabelle van Staden van Laerskool Paarl Gimnasium

  1. Junior seuns

Elea Smith

  1. Seniors

Mariaan Malan

Die onderskeie atlete word geluk gewens en die wat teenwoordig is se trofees word oorhandig. 

Beste verteenwoordigende skool – Beste Tweekamp skool:

  • Laerskool Paarl Gimnasium wat die jaar 46 leerders gehad het wat deelneem, word as die wenners aangewys.
  • Die skool en hulle organiseerders word geluk gewens. Veral Marli Slabbert.
  • Die trofee word aan hulle oorhandig. 

Ere Kleure:

Len dui aan dat Boland ere-kleure aan ‘n atleet gegee word indien iemand aan 3 SA Kampioenskappe deelgeneem het en ‘n sekere standaard gehandhaaf het. 

Bestuur het besluit dat die erkenning hiervoor elke jaar by die AJV sal geskied en dat so ‘n atleet dan ‘n ere-kleure balkie kry asook ‘n sertifikaat.  Die ere-kleure balkie kan dan op die atleet se sweetpak aangebring word. 

Kwalifiseerders vir Boland Ere-Kleure – 2025/26 

Dogter/Dames

Kate Gey van Pittius

Kathleen Gey van Pittius

Mieke Joubert

Maryke Koen

Rouxle Kotze

Ava Kruger

Mia van Zyl

Marlize van Zyl 

Seuns/Mans

Marius Coetzee

Reynardt Grobler

AJ Naude

Dirk Neethling

Erath Swanevelder

Bramwell Whitehouse

Barend Wiese 

  • Die 15 Bolanders ontvang hulle toekenings en word geluk gewens. Marius Coetzee, Erath Swanevelder en Barend Wiese (3 van die blinde atlete word uitgesonder). 

Beste Atlete van die seisoen:

  • Junior Victor Laudorum vir 2025/26 - Reynard Grobler– wen goud  by SA’s
  • Junior Victrix Laudorum vir 2025/26 - Ava Kruger  –  wen brons by SA’s
  • Senior Victor Laudorum vir 2025/26 - Willem Pierre Viljoen– wen silwer by SA’s
  • Senior Victrix Laudorum vir 2025/26 - Maryke Koen – wen brons by SA’s
  • Veterane Victor Laudorum vir 2025/26 - Coenie van Vuuren
  • Veterane Victrix Laudorum vir 2025/26 - Kathy Gey van Pittius – wen goud by SA’s 

Die top presteerders word geluk gewens en ontvang hulle trofees. 

Len dui aan dat die geleentheid ook elke jaar gebruik word om erkenning te gee aan die atlete wat al 10 en meer SA Kampioenskappe deelgeneem het: 

Hy dui aan dat daar die jaar weer 2 staatmakers is wat die mylpaal behaal het.

Hy wens vir Dirk Malan en vir Daniël Malan in sy afwesigheid geluk met die mylpaal.

Hy dui verder aan dat hulle hulle nou aansluit by die 10 jaar klub wat uit die volgende atlete bestaan:

  • Jana Wessels - 10
  • Suzaan Broodryk -10
  • Marie van der Merwe (Briers-Louw) – 10
  • Heleen Malan -10
  • Eben Kruger – 11
  • Annereen Malan -12
  • Burger Symington – 13
  • Liezel Wessels -16
  • Mariaan Malan -17
  • Eric Parker - 17
  • Coenie Slabbert - 15
  • Ilse Beukman -17
  • Coenie van Vuuren – 31 net by Boland – met al sy ander by WP en Griekwas trek hy in die 40 

Spesiale bedankings 

Len bedank die beamptes vir hulle bydrae tot die sukses van Tweekamp in die Boland. 

Hy spreek ook weereens sy spesiale dank uit  aan Eloise le Roux en Johannes Adendorff  vir hulle spesiale bydraes om ons byeenkomste so suksesvol aan te bied en met die verwerking van die uitslae. 

Hy bedank ook weer vir Hennie Volschenk. Hennie rig in sy eie tyd en op sy eie inisiatief ’n klomp kinders af in die hardloop been. Wat dit meer merkwaardig maak is dat sy atlete uitsonderlik presteer  oor die jare  en was ’n hele paar van hulle al SA Kampioene gewees. ’n Geskenk word aan hom oorhandig deur Fiona Potgieter

Hy bedank laastens en seker die belangrikste vir die Hemelse Vader. 

VERKIESING VAN BESTUUR 

Die volgende bestuur word aangewys vir die nuwe seisoen:-

  • Voorsitter – L Symington
  • Onder-Voorsitter – Dirk Malan
  • Tesourier – C Slabbert
  • Seketaresse – Mariana Symington

Ander Lede :

  • Coenie van Vuuren
  • Mariaan Malan
  • Marli Slabbert
  • Madelein Sabbagha
  • Mareike Van Niekerk
  • Leonard Symington 

Len spreek weereens sy dank uit teenoor Annelie Human en JT Burger en dui aan dat hulle beslis baie gemis sal word in die nuwe seisoen.

Hy bedank ook die res van die komitee vir die jaar se harde werk en dui aan dat hulle die ruggraat van Boland Tweekamp is. 

AFSLUITING

Len sluit die vergadering af en bedank almal vir hulle teenwoordigheid en versoek dat almal weer hard sal saamwerk in die nuwe seisoen. Hy bedank ook veral vir Mariana vir al haar reëlings vir die aand se geselligheid.

Dirk Malan bedank vir Len vir al sy harde werk en leiding.

Die vergadering verdaag om 07h30 

M Symington

Sekretaresse

Go to top