Besoek www.sacronavirus.co.za vir meer inligting.

TERUGVOER NA DIE SA KAMPIOENSAKPPE VAN 2024 IN BLOEMFONTEIN

Beste Tweekampers

So is die 2023/24 Tweekamp seisoen toe ook Saterdag afgesluit met die SA Kampioenskappe wat in Bloemfontein gehou was en het alles oor die algemeen goed afgeloop. Ons dank word dan ook oorgedra aan Archie Markgraaf en die Vrystaat se komitee vir al die harde werk. Ek wil dan ook die Boland ouers bedank wat daar gehelp het as beamptes.

Boland het weer baie goed presteer en het die jaar 11 medales verower teenoor verlede jaar se 7. Verlede jaar het ons net een SA Kampioen gehad en die jaar het ons vyf. Die volgende Bolanders het medaljes verower:-

Ons SA Kampioene en goue medalje wenners is:-

  • Mieke Burger O/11
  • Georgia Sabbagha O/13
  • Kyle Snyders O/15
  • Liezel Wessels 50 tot 59
  • Kathleen Gey van Pitiius 70+

Ons Silwer medalje wenners was:-

  • Joshua van Wyk O/9
  • Reynard Grobler O/11
  • Mariaan Malan 50 tot 59

Ons Brons medalje wenners was:-

     - Matthys Potgieter S/11

     - D”Niel Conradie O/13

     - Milla Prinsloo O/19

Die volgende Bolanders het die medaljes net gemis en in die 4 de plek klaar gemaak:-

  • Kate Gey van Pittius O/9
  • Levi van Staden O/09
  • Petrus Bosman O/13
  • Kailen Kotze O/19

Baie geluk aan hier individuele presteerders en aan al die ander atlete. Ons is baie trots op julle.

Wat die span kompetisies betref het Boland tweede geëindig in die junior afdeling en in die skole kompetisie was die Laerskool Paarl Gimnasium die wenners van die goue medalje.

Baie geluk ook aan die Gimmies.

Dit bring ons dan aan die einde van die seisoen. Baie dankie vir al julle ondersteuning om Tweekaamp effektief in die Boland te bedryf en ook veral met julle stiptelikheid en hulp die afgelope naweek in Bloemfontein.

Ons sal deur die jaar almal op hoogte hou van verwikkelinge en sal soos in die verlede, hoofsaaklik die Boland Tweekamp webwerf gebruik vir kommunikasie hieromtrent.

Ons beplan om die Algemene Jaarvergadering, prysuitdeling en afsluiting te hou op Vrydag 7 Junie 2024. Kommunikasie hieromtrent sal dan ook via die Boland webwerf gekommunikeer word.

Weereens baie dankie vir almal se hulp en ondersteuning.

Vriendelike groete

 

Len Symington

2 April 2024

Go to top