Besoek www.sacronavirus.co.za vir meer inligting.
DIE NOTULE VAN DIE BOLAND TWEEKAMP JAARLIKSE ALGEMENE VERGADERING WAT GEHOU IS OP 30 NOVEMBER 2020 IN DIE PAARL
VERWELKOMING
Len Symington verwelkom almal by die Algemene Jaarvergadering vir die 2019/20 seisoen. Hy dui aan dat soos almal weet is alles erg ontwrig deur die Covid pandemie. Na aanleiding hiervan word die vergadering dan nou eers gehou en in ‘n hele ander formaat as waaraan ons gewoond is. Hy bedank almal dat hulle tyd kon afstaan om die vergadering by te woon. Ongelukkig is daar sekere formaliteite wat by so ‘n vergadering afgehandel moet word en hy doen ’n beroep op almal om te help om dit so vinnig en effektief as moontlik af te handel.
Hy dui aan dat daar ongelukkig nie soos gewoonlik ‘n prysuitdeling gehou sal word nie. Hy noem dat die SA’s gewoonlik gebruik is as die norm om die trofee wenners te bepaal. Aangesien die SA’s nie plaasgevind het nie het hy die Interprovinsiaal en die Boland Kampioenskappe gebruik om dit te doen.
Coenie van Vuuren open die verrigtinge met gebed
PRESENSIELYS
Almal het dit ingevul met aankoms. Na aanleiding hiervan is die vergadering dan gekonstitueer.
VERSKONINGS
Liezel Wessels
Jana Wessels
Annelie Wessels
Geo van Niekerk
Marike van Niekerk
Tobie Retief
BEVESTIGING VAN PERSONE WAT WIL STEM SE STATUS
Dit word bevestig dat almal wat teenwoordig is stemgeregtig is indien dit nodig sou wees.
KENNISGEWING VAN DIE AJV
Die kennisgewing omtrent die vergadering was uitgestuur op die webwerf. Ter wille van volledigheid lees Len Symington dit weer voor.
NOTULE VAN VORIGE AJV
Die notule van verlede jaar se AJV is elektronies versprei en dit word aangeneem dat dit gelees is. Die notule word deurgewerk om dit as korrek te bevestig.
Daar is geen sake uit die notule nie.
Die notule word so aanvaar
Voorsteller – Theunis van der Schyf
Sekondant – Dirk Malan
VOORSITTER SE JAARVERSLAG
Len Symington hou die jaarverslag voor aan die vergadering.Daar is geen verdere bespreking hieromtrent nie.
Die Jaarverslag word so aanvaar.
Voorsteller – Mariaan Malan
Sekondant – Marie van der Merwe
FINANSIëLE VERSLAG
Len Symington hou die finansiële verslag voor aan die vergadering. Uit ’n finansiële oogpunt was dit ’n baie goeie jaar vir Boland Tweekamp gewees. Hy dui aan dat die verslag beskikbaar is indien iemand daarna wil kyk. Die verslag word so aanvaar.
Voorsteller – Burger Symington
Sekondant – Coenie van Vuuren
Len Symington bedank vir Coenie Slabbert vir al sy harde werk met die verwerking en byhou van alle finansiële aangeleenthede.
HANTERING VAN MOSIES
Geen mosies is ontvang nie
ERKENNING AAN PRESTEERDERS
Len Symington dui aan dat dit gewoonlik die hoogtepunt van die verrigting is maar as gevolg van die Covid pandemie kan dit nie die jaar gedoen word nie
Hy dui die volgende wenners aan:-
Beste O/17 Seuns Span - Hoërskool Bredasdorp
Beste Laerskole span - Laerskool Paarl Gimnasium.
Meeste punte in seisoen
Mariaan Malan – 16,130 – Sy doen al 6 provinsiale byeenkomste asook die Interprovinsiaal in Oudtshoorn. Kort op haar hakke was Liezel Wessels met 15,813 – Hy dui aan dat die twee van ons senior veterane dames is en dat hulle beslis ’n voorbeeld is vir almal.
Beste Atlete van die seisoen
Hierdie wenners was bepaal deur die beste prestasie by Interprovinsiaal in Oudtshoorn en die Boland Kampioenskappe.
Bes verteenwoordigende skool – Beste Tweekamp skool
Hierdie prys word vir die 9 de jaar toegeken. Dit gaan aan die skool wat by Boland Tweekamp geaffilieer is en wie se leerders deur die seisoen die meeste punte verdien het tydens
al die byeenkomste wat deur Boland Tweekamp aangebied het. Dit is die trofee waaraan Boland Tweekamp bestuur baie waarde heg aangesien die wenners hiervan uiteraard:-
Die wenner die jaar is Laerskool Paarl Gimnasium. Hulle het 33 leerders gehad wat deelgeneem het en het 283,796 punte die jaar bymekaar gemaak.
Ere Kleure
Aangesien daar nie ‘n SA’s was nie staan dit oor
Spesiale dankies
Len Symington bedank die beamptes vir hulle bydrae tot die sukses van Tweekamp in die Boland.
Hy bedank ook spesiaal vir Eloise le Roux en Johannes Adendorff vir hulle spesiale bydraes om ons byeenkomste so suksesvol aan te bied.
VERKIESING VAN BESTUUR
Die volgende nominasies is ontvang, gesekondeer en almal het hulle verkiesbaar gestel:-
Die persone word dan so as bestuur vir Boland Tweekamp vir die nuwe seisoen aanvaar.
Len Symington dui aan dat hy baie bly en dankbaar is vir die 2 nuwe lede op die komitee en glo en vertrou dat hulle die span sal versterk.
Hy bedank die ou komitee vir die jaar se harde werk en dat hulle die ruggraat van Boland Tweekamp is:-
AFSLUITING
Len Symington bedank weer almal vir hulle teenwoordigheid. Hy dui aan dat hy uitsien na die res van die seisoen met al sy uitdagings en versoek almal se samewerking om Boland Tweekamp nog sterker en meer suksesvol te maak.
Hy bedank vir Mariana vir al haar reëlings vir die vergadering.
M Symington