Besoek www.sacronavirus.co.za vir meer inligting.
Die volgende provinsies neem gewoonlik deel aan hierdie byeenkoms : WP, OP, Eden, Grens en Boland.
Die opening en hardloopitems vind plaas by die De Jager Sportkompleks in Voortrekkerweg. Vir parkering is dit egter beter om van St. Johnstraat af in te kom. Die swem vind plaas by die NA Smit Swembad in Parkstraat.
Aangesien ons reeds op 17 Januarie 2025, die spanne moet deurgee en baie ander reëlings gefinaliseer moet word, gee ons solank vroegtydig die volgende belangrike inligting deur.
VERVOER
Vervoer in spanverband word nie gereël nie. Atlete moet vir hulle eie vervoer sorg en verseker dat hulle betyds arriveer.
VERBLYF EN KOSTE
Inskrywingsgelde vir die byeenkoms is R385 per atleet. Dit dek die deelname aan die byeenkoms , prysuitdeling en toegang tot die funksie die aand (wat eetgerei en slaaie insluit – nie vleis nie). Indien iemand wil braai kan hy/sy hulle eie braaivleis saambring of die pakkie wat deur Eden voorsien word, vir R60 bestel.
Verblyf-pakkette vir 31 Januarie en 1 Februarie is vir Boland se atlete en hul ouers by die Kleinplaas Vakansieoord in Oudtshoorn beskikbaar ( dit sluit nie etes in nie, is beperk en onderhewig aan die voorwaardes soos onder). Die volgende opsies is beskikbaar en kostes is as volg:
OPSIE |
BESKRYWING |
HOEVEELHEID BESKIKBAAR |
KOSTE VIR DIE 2 DAE |
A |
4 Bed standaard oopplan chalet met badkamer en kombuis |
20 |
R2,400 |
B |
4 Bed luukser oopplan chalet met badkamer en kombuis. |
12 |
R2,640 |
C |
5-bed 1 slaapkamer chalet met badkamer en kombuis |
4 |
R2,820 |
D |
6-bed 2 slaapkamer chalet met badkamer en kombuis. |
12 |
R3,440 |
E |
2 - bed kamer
|
3 |
R1,640 |
Die hele Kleinplaas is vir die naweek bespreek deur van die verskillende provinsies wat aan die byeenkoms deelneem, waarvan die grootste hoeveelheid chalets aan Boland Tweekamp toegeken is. Die verblyf wat aan Boland Tweekamp toegeken is, se toedeling sal soos volg hanteer word:
Ondervinding het ook die laaste paar jaar geleer, dat heelwat van die ouers in elk geval van ander verblyf gebruik moet maak, aangesien ons ’n groot span na Oudtshoorn neem. So, as u plek by Kleinplaas wil hê, reageer dan asseblief vinnig, aangesien daar ’n wonderlike atmosfeer is en die kinders dit baie geniet.
Dit is belangrik dat as u nie teen 15 Januarie 2025, of vroeër, u verblyf met my persoonlik bevestig en betaal het nie, u nie kan aanneem dat daar wel verblyf by Kleinplaas beskikbaar sal wees nie. U moet dan eers met my kontak maak om vas te stel of daar nog blyplek is, voordat u ’n betaling maak t.o.v. verblyf.
Aangesien die beskikbaarheid van verblyf beperk is, kan daar slegs van die opsies soos bo uiteengesit, gebruik gemaak word. Indien ouers net vir een nag wil bly dan moet hulle asseblief ook hulle eie reëlings tref by ander fasiliteite.
Kleinplaas het ook ‘n baie lekker kampplek. Die wat daarvan hou om te kamp, is baie welkom om plek daar te bespreek. Dit moet asb. self gedoen word (Tel: 044-272 5811).
BETALINGS
Alle betalings moet voor of op Woensdag 15 Januarie 2025 ontvang word of in die volgende bankrekening inbetaal wees:
ABSA, Paarl : Takkode 33 42 10
Rekening : Boland Tweekamp
Rekeningnr : 4050 770 764
VORMS
Die name van die spanne wat na Oudtshoorn gaan (A, B en ontwikkelingspan sal aan die skole deurgegee word, op Boland Tweekamp se webwerf wees en op die WhatsApp groep wees vanaf 13 Desember 2024. Die nodige vorms wat voltooi moet word en teruggestuur moet word sal op die Boland Tweekamp webwerf wees. Die voms:
moet teruggestuur word na symingtonl@pvbm.co.za voor 10 Januarie 2025.
*Dit sluit die “clothing order form” in.
Die klere sal dan beskikbaar wees by die byeenkoms van 18 Januarie 2025.
E-pos asb. die volgende 2 dokumente aan Len Symington by symingtonl@pvbm.co.za voor Woensdag 15 Januarie 2025 om 12:00 om te antwoord en u betaling te bevestig. Doen dit asseblief vroeër as u kan:
Atlete wat nie teen Woensdag 15 Januarie om 12:00 hulle vorms en betaling ingehandig het nie, sal ongelukkig uit die span gelaat en vervang word.
Alle atlete moet met aanvanklike affiliasie die registrasievorm ingevul en ingehandig het en die registrasiekoste betaal het. Indien nie, dan kan so ‘n atleet ongelukkig nie vir die span/ne oorweeg word nie.
KLEREDRAG
HARDLOOP: A – Span: Swart Boland hardloopbroek en Boland Tweekampfrokkie
B - Span en Ontwikkelingspan: Swart Boland hardloopbroek en ‘n geel frokkie.
SWEM: A, B en Ontwikkeling: Verkieslik ‘n swart swembroek en ‘n geel swempet.
Deelnemers wat al voorheen Boland verteenwoordig het en nou in die B of Ontwikkelingspan is kan met hulle swart Bolandfrokkie deelneem.
Die klerebeselvorm moet teruggestuur word na symingtonl@pvbm.co.za voor 10 Januarie 2025 of afgegee word by Lemoenkloofweg 32, Paarl.
Tydens die optog sal bogenoemde hardloopdrag ook die span se drag wees. Slegs hardloopskoene of kaalvoete word toegelaat vir die optog, om eenvormigheid te verseker. Atlete meld aan om 07h10 aan die oorkant van die pawiljoen op die baan. Daar sal ’n beampte wees om te help met die uitsit van atlete vir die optog.
Klere (hemp en broek) moet by die Langebaan of Bonnievale byeenkoms aangepas word indien u van mening is dat u moontlik een van die 3 spanne sal kan haal, of by Mariana Symington daarna by Lemoenkloofweg 32 in die Paarl (daar moet uiteraard ’n afspraak daarvoor gemaak word – 082 807 5887).
Die klere kan afgehaal word by die Gimnasium byeenkoms op 18 Januarie 2025, of indien iemand nie daar deelneem nie, kan dit afgehaal word by Kleinplaas (Chalet 2) vanaf 16h00 tot 21h00, op Vrydag 31 Januarie of Saterdagoggend by die atletiekbaan voor die byeenkoms begin.
NAWEEKPROGRAM
16:00 tot 21:00 |
Vrydag |
31 Jan 2025 |
Haal klere af indien dit nog nie gedoen is nie by Kleinplaas. Chalet 2 |
06:45 |
Saterdag |
1 Feb 2025 |
Aanmeld by De Jager Sportkompleks – klere wat ook nog nie afgehaal is nie kan dan gekry word. |
07h10 |
Saterdag |
1 Feb 2025 |
Tree aan vir optog en opening op atletiekbaan |
07:15 |
Saterdag |
31 Feb 2025 |
Beamptes en tydhouers meld aan by wenpaal. |
07:25 |
Saterdag |
1 Feb 2025 |
Opening met optog om baan en ander formaliteite – De Jager Sportkompleks |
08:00 |
Saterdag |
1 Feb 2025 |
Hardloopitems begin stiptelik |
±12:00 |
Saterdag |
1 Feb 2025 |
Swem – N A Smit-swembad, ±1 uur na afhandeling van hardloop items |
18:45 |
Saterdag |
1 Feb 2025 |
Prysuitdeling by High Gate |
20:00 – 23:30 |
Saterdag |
1 Feb 2025 |
Braai, ete en sokkie/dans High Gate |
VOLGORDE VAN ITEMS BY DIE BYEENKOMS
Neem asseblief kennis van die beplande volgorde van die byeenkoms (afhangende van die hoeveelheid inskrywings kan groepe saam gevoeg word). Dit sal dan ook heel moontlik weer die volgorde wees wat by die SA Kampioenskappe gevolg sal word (uitsluitend die O/8s).
EVENT |
RUNNING |
EVENT |
SWIMMING |
1 |
Under 8 Girls |
1 |
Under 8 Girls |
2 |
Under 8 Boys |
2 |
Under 8 Boys |
3 |
Special needs |
3 |
Special Needs |
4 |
+70 Ladies |
4 |
+70 Ladies |
5 |
+70 Men |
5 |
+70 Men |
6 |
+ 60 Ladies |
6 |
+ 60 Ladies |
7 |
+ 60 Men |
7 |
+ 60 Men |
8 |
+ 50 Ladies |
8 |
+ 50 Ladies |
9 |
+ 50 Men |
9 |
+ 50 Men |
10 |
+ 40 Ladies |
10 |
+ 40 Ladies |
11 |
+ 40 Men |
11 |
+ 40 Men |
12 |
Senior Ladies 28-39 |
12 |
Senior Ladies 28-39 |
13 |
Senior Men 28-39 |
13 |
Senior Men 28-39 |
14 |
Junior Ladies 19-27 |
14 |
Junior Ladies 19-27 |
15 |
Junior Men 19-27 |
15 |
Junior Men 19-27 |
16 |
Under 9 Girls |
16 |
Under 9 Girls |
17 |
Under 9 Boys |
17 |
Under 9 Boys |
18 |
Under 11 Girls |
18 |
Under 11 Girls |
19 |
Under 11 Boys |
19 |
Under 11 Boys |
20 |
Under 13 Girls |
20 |
Under 13 Girls |
21 |
Under 13 Boys |
21 |
Under 13 Boys |
22 |
Under 15 girls |
22 |
Under 15 girls |
23 |
Under 15 Boys |
23 |
Under 15 Boys |
24 |
Under 17 Girls |
24 |
Under 17 Girls |
25 |
Under 17 Boys |
25 |
Under 17 Boys |
26 |
Under 19 Girls |
26 |
Under 19 Girls |
27 |
Under 19 Boys |
27 |
Under 19 Boys |
PRYSUITDELINGSFUNKSIE EN DANS/SOKKIE
Saterdagaand se prysuitdeling/dinee sal soos verlede jaar weer by die HIGHGATE VOLSTRUIS-PLAAS gehou word. Dit begin om 18:45 met die prysuitdeling in die saal. Daarna begin die bring-en braai en lekker sokkie! Atlete wat wil braai moet hulle eie vleis saambring of kan ook die pakkies soos deur Eden voorsien, vir R60.00 bestel. Dit moet egter ook voor die tyd bestel en betaal word (verwys na vorm). Nie-atlete, familie of vriende wat daar wil braai, moet so aandui en die addisionele betaling vir die ete maak van R145 per persoon (wat die volgende insluit vure, roosters, slaaie, roosterbroodjies, paptert en eetgerei, asook 'n braaipak met ’n tjop, wors en sosatie). Eie drinkgoed kan saamgebring word en daar sal ook ’n fasiliteit wees waar drinkgoed kontant aangekoop kan word.
Highgate bied ook die Saterdagmiddag en Sondag spesiale toere aan vir Tweekampers teen R40.
Soos in die kennisgewing aangedui, is die spanne wat na Oudtshoorn gaan ’n A, B en ’n Ontwikkelingspan. Dit is nie amptelike Bolandspanne nie, alhoewel die atlete die Boland verteenwoordig tydens die byeenkoms. Die Bolandspan word gekies om Boland tydens die SA Tweekamp Kampioenskappe te verteenwoordig. Indien daar nie by die riglyne gehou word nie, veroorsaak dit probleme met die erkenning aan atlete. Volgens Boland Tweekamp behoort ’n atleet wat Oudtshoorn toe gaan en ‘n atleet wat Boland verteenwoordig by die SA Kampioenskappe, nie dieselfde erkenning te kry nie. Boland Tweekamp gee daarom slegs erkenning aan die atlete wat Boland by die SA Tweekamp Kampioenskappe verteenwoordig.
Die Bestuur wens alle atlete voorspoed toe met die byeenkoms. Onnodig om uit te wys dat die reëlings onderhewig is aan verandering en dat indien iets verander, ons so gou as moontlik dit sal kommunikeer.
Indien iets onduidelik is of as meer inligting verlang word, kontak my asseblief.
Tweekampgroete
LEN SYMINGTON
082 875 2257