TERUGVOER NA DIE SA KAMPIOENSAKPPE VAN 2026 IN OUDTSHOORN
Beste Tweekampers
So is die 2025/26 Tweekamp seisoen toe ook Saterdag 21 Maart afgesluit met die SA Kampioenskappe wat in Oudtshoorn gehou was. Alles het oor die algemeen goed afgeloop. Ons dank word dan ook oorgedra aan Dave van der Walt en Eden se komitee vir al die harde werk. WP en Boland was ook nou betrokke met die reëlings en baie dankie ook vir almal wat daar betrokke was. Ek wil dan ook die Boland ouers bedank wat daar gehelp het as beamptes en al die bestuurslede wat ook betrokke was.
Boland het weer baie goed presteer en het dié jaar 14 medales verower. Ons het dan ook weer 3 SA Kampioene gehad. Reynard Grobler was die goue medalje wenner in die seuns O/13 afdeling en was ook die Junior Victor Ludorum van die byeenkoms. Kathleen Gey van Pittius was die wenner van die senior Victrix Ludorum. Kathleen was ook aangewys as die beste atleet van die hele byeenkoms. Die volgende Bolanders het medaljes verower:-
Ons SA Kampioene en goue medalje wenners was:-
Ons Silwer medalje wenners was:-
Ons Brons medalje wenners was:-
- Elea Smith - seuns O/9
- Ava Kruger - dogters O/11
- Karlo Marais - seuns O/11
- Arden Kotze - seuns O/17
- Maryke Koen - junior dames
- Ilse Beukman - dames 60+
Boland het dan ook 6 spesiale behoefte atlete by die byeenkoms gehad wat dan ook die meeste van al die provinsies was. Ons is dan uiteraard ook baie trots op die spesiale groep atlete. Ons medalje wenners in die groep was:-
Baie geluk aan die individuele presteerders en aan al die ander atlete. Ons is baie trots op julle.
Wat die span kompetisies betref het Boland in die junior en senior afdelings tweede gekom en dan ook algeheel tweede gewees by die Kampioenskappe van die 14 provinsies wat deelgeneem het.
Weereens baie geluk aan al ons atlete
Dit bring ons dan aan die einde van die seisoen. Baie dankie vir al julle ondersteuning om Tweekamp effektief in die Boland te bedryf en ook veral met julle stiptelikheid en hulp in Oudtshoorn tydens die SA Kampioenskappe.
Ons sal deur die jaar almal op hoogte hou van verwikkelinge en sal soos in die verlede, hoofsaaklik die Boland Tweekamp webwerf gebruik vir kommunikasie hieromtrent.
Die Algemene Jaarvergadering, prysuitdeling en afsluiting word beplan vir 19 Junie 2026. Die kommunikasie hieromtrent sal binnekort deurgegee word via die Boland webwerf en bestaande WhatsApp groepe.
Weereens baie dankie vir almal se hulp en ondersteuning.
Vriendelike groete
Len Symington
9 April 2026