Besoek www.sacronavirus.co.za vir meer inligting.

TERUGVOER NA DIE SA KAMPIOENSAKPPE VAN 2023

Beste Tweekampers

So, is die 2022/23 Tweekamp seisoen toe ook Saterdag afgesluit met die SA Kampioenskappe wat in Stellenbosch gehou was.

Soos maar die geval is met sulke groot geleenthede, het dit sy uitdagings gehad. Ongelukkig was baie daarvan veroorsaak deur beperkinge wat nie vooraf aan die WP wat die gasheer provinsie was, deurgegee  is nie.  Oor die algemeen is ek van mening dat die positiewe darem die meeste was.

Boland het weer goed presteer en die volgende Bolanders het medaljes verower:-

Ons SA Kampioen en goue medalje wenner is:-

  • Wim Treurnicht - Seuns O/19

Ons Silwer medalje wenner is:-

  • Mariaan Malan – Dames 50-59

Ons Brons medalje wenners is:-

  • Jordaan Stemmet - Seuns O/9
  • Zané Esterhuizen – Dogters O/11
  • Lené Geldenhuys – Senior Dames
  • Liezel Wessels – Dames – 50 tot 59
  • Coenie Slabber – Mans 70+

Die volgende Bolanders het die medaljes net gemis en in die 4 de plek klaar gemaak. Van hulle het dit met breukdele van ‘n punt gemis:-

  • Isabella Olivier – Dogters O/13
  • Dieter Naude – Seuns O/15
  • Mila Prinsloo – Dogters O/17
  • Willem-Pierre Viljoen – Senior Mans
  • Pieter Troost – Mans 40 tot 49
  • Ilse Beukman – Dames 60-69

Baie geluk aan die individuele presteerders. Boland Tweekamp is baie trots op julle

Verder het ons ook baie goed gedoen en het 33 ander Bolanders onder die eerste 10 klaar gemaak. So, in totaal is 40 van ons Bolandspan onder die top tien in hulle onderskeie ouderdomsgroepe. Soos ons almal weer met die Kampioenskappe ervaar het is die kompetisie baie sterk en maak dit dan hierdie prestasie nog meer spesiaal.

Die O/13 Dogters was veral indrukwekkend toe 6 van ons dogters onder die top tien klaar gemaak het. Baie geluk aan, Isabella Olivier (4de), Lené Basson (5 de), Ankia Human (6de), Nicola Hawley (8ste), Georgia Sabbagha (9de) en Milan Kruger (10de).

Boland het ook baie goed in die span kompetisie gevaar en was tweede in die junior, senior en algehele span kompetisies.

In die Hoërskool Afdeling het Boland baie goed gevaar en het die Hoër Jongenskool Paarl die goue medalje verower. Baie geluk aan die span wat bestaan het uit:-

  • Wim Treurnicht – O/19
  • Christiaan Hattingh - O/19
  • Zian Naude - O/19
  • Retief Hugo - O/19
  • Christie Engelbrecht – O/17
  • Dieter Naude – O/15

Die Hoër Meisieskool Paarl was in die 3 de plek en het die brons medalje verower.

Weereens baie geluk aan almal en baie dankie vir almal se samewerking om dit te kon doen.

Volgende jaar word die SA Kampioenskappe deur die Suid Vrystaat aangebied en sal dit in Bloemfontein gehou word. Verdere inligting hieromtrent sal deurgegee word.

Ons sal dan uiteraard weer alles binne ons vermoë doen om ook weer kompeterend daar te wees.

Ons sal deur die jaar almal op hoogte hou van verwikkelinge en sal soos in die verlede, hoofsaaklik die Boland Tweekamp webwerf gebruik vir kommunikasie hieromtrent.

Ons beplan om die Algemene Jaarvergadering, prysuitdeling en afsluiting te hou op Vrydag 19 Mei, 2023. Kommunikasie hieromtrent sal dan ook via die Boland webwerf gekommunikeer word.

Weereens baie dankie vir almal se hulp en ondersteuning.

Vriendelike groete

Len Symington

3 April 2023

Go to top